Kort jy hulp? Gesels met ons.
Foute wat (selfs oulike) ma’s maak! [e-Boek]
Original price was: R149.00.R99.00Current price is: R99.00.
Foute wat (selfs oulike) ma’s maak, is ‘n spesiale boek deur Mammas vir Mammas!
Ons is nie een perfek nie, maar ons leer by mekaar, daagliks! Jou kinders het nie ‘n perfekte ma nodig nie, net een wat haar beste gee!
856 in voorraad
Voeg in Mandjie
Koop Nou
Is jy gedurig besig om jouself te vergelyk met die prentjie van die perfekte ma? Daar is baie raad daarbuite wat jou kan help om dit “reg te kry” om jou kinders die slimste en oulikste kinders te maak. Dit wil amper voorkom asof perfekte ouerskap bestaan. Maar hoe realisties is dit? Nie juis nie … Net soos wat daar nie die perfekte werk of verhouding bestaan nie, geld dieselfde vir ma-wees. Om al die balle in die lug te hou en te verwag dat alles perfek gedoen kan word, is ‘n wenresep vir teleurstelling. Jy gaan heel waarskynlik die een of ander tyd faal, maar ouerskapkenners soos Hettie Brittz, Charné Cronjé en Lizanne du Plessis – én ook gewone ma’s – sal jou help om nie dieselfde foute te maak nie én om jouself uit die slaggate te kry waarin jy getrap het.


![Foute wat (selfs oulike) ma's maak! [e-Boek]](https://winkel.voelgoed.co.za/wp-content/uploads/woocommerce_uploads/2021/11/Foute-wat-selfs-oulike-mas-maak-cover-vzpm02.jpg.webp)