Die Nuwe Nuwe Testament [Digitaal]

Original price was: R499.00.Current price is: R299.00.

‘n Getroue vertaling in vars Afrikaans

‘n Maklik leesbare Afrikaanse vertaling, om die gaping tussen ‘n letterlike en vryer vertaling te vul.

Die Nuwe Nuwe Testament [Digitaal]

Original price was: R499.00.Current price is: R299.00.

Voeg in Mandjie
Koop Nou

Kategorie:

MEER OOR DIE VERTALING

Daar is reeds verskeie Afrikaanse vertalings van die Nuwe Testament, maar hierdie vertaling is bedoel om God se Woord in duidelike, moderne Afrikaans te bring—’n Bybel wat die hele gesin maklik saam kan lees.

Na Die Boodskap (1997) en dieBybel@kinders (2002) was die doel om die balans te vind tussen letterlike en vryer vertaling, terwyl die grondteks steeds behoue bly. Hierdie vertaling lees asof die oorspronklike skrywers dit direk in Afrikaans neergeskryf het, met verstaanbare taal en korter sinne.

Grieks en Afrikaans verskil drasties. Direkte woord-vir-woord vertaling is nie altyd moontlik nie, daarom is idiome en emosionele nuanses aangepas vir beter begrip. Byvoorbeeld, die uitdrukking “vurige kole op iemand se hoof” in Romeine 12:20 word vertaal in Afrikaans se alledaagse spreektaal.

Die vertaalfilosofie was om so getrou moontlik aan die bronteks te bly, terwyl die boodskap duidelik en leesbaar bly. Woordkeuse en sinsbou is verfyn om nie soos ‘verafrikaansde’ Grieks te klink nie. Indien direkte vertaling nie moontlik was nie, is die betekenis eerder in ‘n frase oorgedra.

Omdat die Bybel die lig vir ons pad is, moes hierdie vertaling God se Woord so helder as moontlik laat skyn—solied gegrond op die Griekse teks, maklik leesbaar en betroubaar.