FARREN VLOEIBARE LIPSTIFFIE

R250.00

Hoe rooier, hoe mooier — met lipkleur wat langer hou.

FARREN se splinternuwe vloeibare lipstiffie (5ml)  gee ‘n ryk, helderrooi kleur met ‘n gladde, mat afwerking. Die ligte formule wend maklik en egalig aan en sorg vir langblywende kleur.

Die sterk pigment skep daardie tipiese FARREN-rooi lippe waarvoor sy al jare lank bekend is. As jy ook lief is vir ‘n rooi lip wat elegant lyk, is FARREN F01 spesiaal vir jou!

FARREN VLOEIBARE LIPSTIFFIE

R250.00

Voeg in Mandjie
Koop Nou

Kategorie:

AANWYSINGS

Hoe om dit te gebruik:

  1. Berei jou lippe voor: Maak seker jou lippe is skoon en droog. Vir die gladste afwerking kan jy jou lippe vooraf liggies afskilfer.
  2. Vorm jou lippe: Gebruik die punt van die aanwender om die natuurlike buitelyn van jou lippe netjies te definieer.
  3. Wend die kleur aan: Draai die aanwender en gebruik die platter kant om die res van jou lippe met ‘n egalige laag kleur in te vul.
  4. Bou die kleur op: Vir ‘n dieper, meer intense kleur, laat die eerste laag effens droog word voordat jy ‘n tweede laag aanwend.
  5. Laat dit droog word: Hou jou lippe vir ‘n paar oomblikke effens van mekaar af terwyl die formule droog word om ‘n perfekte mat afwerking te verkry.
  6. Dra dit met selfvertroue: Probeer om nie jou lippe onnodig teen mekaar te vryf nadat die lipstiffie droog geword het nie. Dit help om die gladde, langblywende afwerking te behou.