Nie nóg ‘n dieet nie!
Het jy al byna elke dieet denkbaar probeer, net om weer moedeloos te raak wanneer niks vir jou werk nie?
Die Temperament-metode breek met die een-grootte-pas-almal-benadering tot gewigsverlies – dit is ‘n nuwe manier om jouself, jou gewoontes én jou gewig te verstaan.
“Verloor gewig op jóú manier” is ‘n deernisvolle, praktiese en wetenskaplik gefundeerde boek wat jou help verstaan waarom gewone dieetplanne dikwels misluk – en hoe jy ‘n leefstyl kan skep wat by jóú pas.
Die Temperament-metode vir vroue wat reeds alles probeer het!
- Dit is tyd om jou liggaam te verstaan – die regte toetse en metings onthul wat werklik aangaan, sodat jy presies weet wat om volgende te doen.
- Voordat jy nóg ‘n craving probeer wen, sorg eers vir jou energie – slaap en stres speel ‘n groot rol in jou honger, hormone en keuses.
- Jou temperament wys waarom sommige gewigsverliesplanne nie hou nie – ontdek wat jou motiveer, wat jou uitput, en wat vir jóú werk.
- Gewigsverlies gaan oor méér as net kos – ontdek die emosionele bagasie, ou etikette en diepgewortelde oortuigings wat jou dalk terughou.
- Eet, beweeg en leef op ‘n manier wat by jóú temperament pas – sodat ‘n gesonde leefstyl eenvoudig en volhoubaar word.
Venessa Schoeman
As dieetkundige het Venessa eerstehands gesien hoe vroue met gewigsverlies worstel wanneer hul liggaam, emosies en leefstyl nie in harmonie is nie. Met haar Meestersgraad in Dieetkunde bied sy praktiese, wetenskaplik gefundeerde gesondheidsbeginsels wat deur mites en verwarring sny en vroue help om volhoubare veranderinge aan te bring.
Lynette Beer
As spreker, skrywer en temperamentkenner het Lynette al duisende mense gehelp om hulself en ander beter te verstaan. Haar Vierkleur Temperament Model wys hoe jou natuurlike temperament jou gedrag, emosies, verhoudings en gesondheid beïnvloed. Sy help jou om emosioneel te groei en blywende verandering in jou verhouding met kos en gewig te bring.

